Die De Rust-boerevereniging bestaan reeds langer as 40 jaar.
Klein Karoo Agri (KKA) het die geleent-heid geborg en Terblanche du Plessis, besturende direkteur, het 'n oorsig oor Klein Karoo Agri se dienste en reuse-aandeel in landbou in die Klein-Karoo en ook in die Tuinroete gegee.
Phillip Oosthuizen van Rovic, wat 'n wye verskeidenheid landboutoerusting en -implemente vervaardig, het ook 'n voorlegging oor die maatskappy se produkte en dienste gedoen.
Boere in die De Rust-omgewing boer met volstruise, vee en wild en produseer onder andere groentesaad, olywe, amandels, granate en lusern. Dié boerevereniging werk nou saam met ander boereverenigings in die streek.
Volgens Storm is dit op hierdie stadium droog en goeie reën is bitter nodig. De Rust-boerevereniging se laaste funksie van die jaar is hulle jaarlikse afsluitingsfunksie wat teen die einde van die maand plaasvind.
- Oudtshoorn Courant deel graag landbou-verwante nuus en -gebeure met ons lesers en nooi boere en boereverenigings om ons in te lig oor landbougebeure in die streek. Skakel gerus vir Hannes Visser by 083 467 1522 met inligting of geleenthede wat gehou word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’