Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die tien trokke wat altesaam 340 ton voermielies van Bothaville na die Oudtshoorn gebied gebring het, het gisteraand om ongeveer halftien deur Oudtshoorn gery.
Hulle vertrek vanoggend vanaf Karoowater na vier plekke om mielies af te laai.
Mielies sal in Volmoed, Gamka, Kammanssie en Badshoogte afgelaai word. Die aankoopwaarde van die mielies is ongeveer 'n miljoenrand en vervoerkoste nog 'n bykomende halfmiljoen.
Die mielies en alle vervoerkoste is deur skenkings moontlik gemaak.
Kyk 'n video hieronder:
Boere en vragmotorbestuurders by Karoowater vanoggend waar 'n dankseggingsdiens gehou gaan word voordat die mielies versprei word.
Vragmotors wat gisteraand deur Oudtshoorn gery het. Foto: Annamarie Janse van Rensburg.
Lees 'n vorige artikel hier: Tonne mielies op pad na Oudtshoorn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'