NUUTSTE: 15:24 | Die konvooi sal nie, soos beplan was, vanmiddag arriveer nie. Hulle het sneeu net voor Graaff-Reinet gekry en sal dus eers laat vanaand aankom en reguit Karoowater toe ry om te oornag.
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Nadat meer as 60 ton mielies Dinsdag en verlede Saterdag in Calitzdorp as veevoer afgelaai is, is nog 320 ton op pad. Tien vragmotors met elk 32 ton mielies vir veevoer is gisteroggend uit Bothaville weg op pad na Oudtshoorn en Calitzdorp.
Die voer is deel van’n voerskenking wat deur Burre Burger vir gereel is. Die vragmotors het laasnag by die Gariepdam oornag, vanwaar hulle vanoggend vertrek het.
Hulle word laatmiddag in Oudtshoorn verwag en gaan dan by Karoo Water naby Calitzdorp Spa oornag.
‘n Dankdiens word moreoggend 09:00 by KarooWater gehou, waarna die vragmotors na vier verspreidingspunte sal vertrek. Voer sal afgelaai wordby Gamka, Badshoogte, Volmoed en Kammanassie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'