Gallery
KLEIN KAROO NUUS - Tabakprodusente wat vanjaar die beste presteer het, is Vrydagaand by ‘n gesellige geleentheid by Berluda Gasteplaas op Schoemanshoek vereer.
“Dit was een van die moeilikste groeiseisoene in die Klein Karoo en die Oos-Kaap, maar ten spyte daarvan was die oes baie mooi,” sê Chris Botha, verbonde aan Timac Agro SA en voorsitter van die Tabakklub.
“Die tabakbedryf is besig om te spesialiseer in ‘n nismark; dis hoekom hulle tabak van uitstekende kwaliteit kan lewer ten spyte van bitter moeilike omstandighede.” Universal leaf South Africa (ULSA), die grootste aankoper van oonddroogtabak ter wereld, se 100ste bestaansjaar is ook gevier.
Boere uit die Oos-Kaap en Wes-Kaap het die geleentheid bygewoon. Daar is tans ongeveer 30 tabakbeore in die Wes-Kaap en minder as tien in die Oos-Kaap.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'