OUDTSHOORN NUUS - Altesaam 32 produsente van Klein Karoo Saadproduksie (KKSP) het Woensdagaand erkenning ontvang vir volgehoue saadproduksie van hoë gehalte ten spyte van uitdagende omstandighede.
“Ek wil saadprodusente gelukwens met hul bydrae tot die groep se sukses,” het David Malan, besturende direkteur van KKSP tydens ‘n glansgeleentheid by De Opstal Restaurant en gastehuis buite die dorp gesê. Niël Steinmann was die hoofspreker en Adam Tas die gaskunstenaar.
Ten spyte van die uitdagings het KKSP, met die hulp van die produsente, daarin geslaag om die omset met 6% te verhoog teenoor die vorige finansiële jaar. Die aanvullende betaling aan produsente is verhoog na ‘n rekord van 9%, vergeleke die hoogste vorige vlak van 5,4% in 2017.
Saadprodusente van so vêr as Prieska en Upington het toekennings ontvang.
Die wenners in die verskillende kategoriee is voor van links: Ernst Marais, Pieter Burger,Johan Kriel, David Malan (Klein Karoo Saadproduksie), Hannes van Niekerk en Stander Terblanche (Klein Karoo Saadproduksie)In die middel, van links is:Julian du Preez, Coetzee Laubscher, Christoffel en Marius Spies, Hannes van der Westhuizen, Jan-Jurie Schoeman en Willie Visagie.Agter van links, is: Andries Steenkamp, Louis Jonck, Gilo Louw, Le Roux van der Westhuizen, Stefan le Roux en André Fourie.
Plaaslike wenners was:
- Johan en André Fourie van JLA Boerdery Edms. Bpk., Calitzdorp (OP Geeluie 5ha+)
- Julian du Preez van Boetie Hutties Farm Edms. Bpk., De Rust (OP Lente-uie 0-4 ha)
- Danie Schoeman van Excelsior Winery Edms. Bpk., De Rust (OP Lente-uie 4ha+)
- Marius en Christoffel Spies van Spies Boerdery, Schoemanshoek (F1 Lente-uie)
- Hannes van Niekerk van Vanniek Boerdery, Calitzdorp (F1 Wortels)
- Le Roux van der Westhuizen van MM le Roux van der Westhuizen, Oudemuragie, De Rust (OP Wortels)
- Louis Jonck van Oudtshoorn (New Bunching)
- Stefan le Roux van De Hooggelegen Boerdery Edms. Bpk., De Rust (Beet)
- Coetzee Laubscher van Saffraanrivier, Oudtshoorn (Preie)
- Willie Visagie van Eikenhof Boerdery, tussen Laingsburg en Ladismith (Chinese Preie)
- Julian du Preez van Boetie Hutties Farm Edms. Bpk., De Rust, Spesiale toekenning vir die opkomende landboubesigheid/boer van die jaar)
- Gilo Louw van Jik Louw Boerdery, Beaufort-Wes (aangewys as nuwe toetreder van die jaar.
- Jannie Lategan van Lategansvlei en Hannes van der Westhuizen van Oudemuragie, het eretoekennings ontvang vir hulle bydrae wat albei die bedryf verlaat.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'