OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Spesiale raadsvergadering het pas begin om 'n dreigende droogteramp in Oudtshoorn te bespreek.
Volgens Allen Paulse, munisipale bestuurder, het Oudtshoorn slegs enkele maande se watervoorraad oor.
Vandag se vergadering gaan daaroor om noodmaatreëls aan die raad voor te lê om 'n ramp af te weer.
Gerhard Otto, hoof van Eden rampbestuur begin nou met 'n voorlegging om die omvang van die droogte aan die raad te verduidelik.
Volgens Otto is dit kommerwekkend dat Oudtshoorn nie tans 'n droogteplan het nie en volgens inligting tot sy beskikking dui dit daarop dat Oudtshoorn slegs water vir ongeveer 100 dae het. Die raad gaan nou verskeie noodmaatreëls bespreek.
Hier is oom Ingeneurs van Kaapstad teenwoordig om die raad by te staan met inligting en riglyne.
Lees 'n verwante artikel: Dreig dag zero vir Oudtshoorn?
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'