Hodgson, wat die voorsitter van Agri Avontuur en lid van Agri Klein Karoo se dagbestuur was, is gisteraand kort voor middernag oorlede aan ‘n hartaanval.
Leiers in die landbougemeenskap het hul waardering vir die rol wat Hodgson in landboukringe gespeel het.
Carl Opperman, voorsitter van Agri Wes-Kaap, het gesê Hodgson se heengaan is ‘n geweldige skok. “’n Groot seder het geval en ons gaan hom baie mis. Hy was ‘n beginselvaste mens en ons het op landbougebied altyd baie goeie samewerking van hom gekry.” Volgens hom het Hodgson altyd ‘n praktiese oplossing vir ‘n probleem gesoek.”
“Wat Dave vir die gemeenskap gedoen het, kan nie in woorde omskryf word nie,” het Gerhard Otto, hoof van Eden Rampbestuur, gesê. “Hy het altyd ander gehelp, dikwels ten koste van homself.”