Die Burgemeester
Mnr. Sylvester
OUDTSHOORN MUNISIPALITEIT // PIERRE NEL
Ek bevestig die telefoniese gesprek tussen myself en mnr. Sylvester op Dinsdag, 13 Februarie 2108 om 15:10.
Ek bevestig kortliks die volgende:
Op 27 November 2017 is daar skriftelik vir mnr. Paulse, die munisipale bestuurder versoek vir 'n afspraak met MPAC om Pierre Nel se aangeleentheid aan hulle te motiveer.
Mnr. Paulse onderneem telefonies om 'n afspraak te maak.
Op 10 Januarie 2018 deel mnr. Paulse my telefonies mee dat hy die saak met u, Mnr. Sylvester sal bespreek en eerder 'n afspraak met die burgemeesterskomitee sal maak vir die motivering.
Aan die einde Januarie 2018 rig u sekretaresse, Lavern Biljon 'n skrywe aan my met n afspraak dat ek die burgemeesterskomitee op Maandag 5 Februarie 2018 in die raadsaal kan toespreek.
Op 30 Januarie 2018 deel u sekretaresse, Lavern my mee dat die vergadering van Maandag 5 Februarie gekanselleer is omdat u in Kaapstad moes wees. Sy het onderneem om ons in kennis te stel van 'n volgende beskikbare datum.
6 Februarie 2018 deel Lavern my telefonies mee dat u nog in Kaapstad is, maar dat sy my sodra u terug is, van die datum sal voorsien.
Vandag, 13 Februarie 2018 deel u verbasend my persoonlik mee dat die Pierre Nel saak reeds deur die Raad bespreek is en dat dit nie weer bespreek gaan word nie. U gaan dus ook nie vir my 'n afspraak vergun om die burgemeesterskomitee toe te spreek nie. Indien ek sou wou kan ek self 'n afspraak maak met MPAC.
Nadat u daarop gewys is dat u optrede verwarrend en onprofessioneel is, het u onderneem om 'n afspraak te maak met MPAC sodat Pierre Nel se aangeleentheid met hulle bespreek kan word.
U rondvallery en onbehulpsaamheid in al my onderhandelinge met u word betreur. Dit is nie wat van die DA verwag word noudat hulle beheer van die munisipaliteit by die ANC oorgeneem het nie. U word daaraan herinner dat RED OUDTSHOORN 'n massiewe fondsinsameling gedoen het voor die munisipale verkiesing en dus grootliks verantwoordelik is dat u in die posisie van burgemeester aangestel kon word. RED OUDTSHOORN verwag dus 'n veel beter administrasie van die munisipaliteit en toeganklikheid om sake met die munisipaliteit te bespreek.
RED OUDTSHOORN versoek u dus om voor 5nm Woensdag, 14 Februarie 2018 aan ons van 'n datum te voorsien om met of MPAC of die burgemeesterskomitee te ontmoet. 'n Afskrif van hierdie brief is gelyktydig aan die Oudtshoorn Courant gestuur om dit saam met ander moontlike relevante feite te publiseer indien u nie betyds reageer nie.
Beste Groetnis
Leon Coetzee
Red Oudtshoorn
(Die brief is Maandag aan die munisipale woordvoerder gestuur vir kommentar nadat Coetzee aangedui het dat hy nie terugvoer ontvang het nie.Teen gisteroggend was daar geen ontvangserkenning of kommentaar nie. Lees meer hier.