Meneer die munispale bestuurder, na 18 jaar van gereelde korrespondensie aangaande die basis vir riooltariefheffings, is daar steeds geen stappe deur die Oudtshoorn Munisipaliteit geneem om soveel as ondersoek na die aangeleentheid in te stel nie.
In 2002 het die munisipaliteit hulle verbind tot verordeninge (Wes-Kaapse Staatskoerant 5835) wat soos volg bepaal:
5. INKOMSTE
5.1 Fooie, Tariewe en Eiendomsbelasting
5.1.1 (a) gebruikers van munisipale dienste billik behandel word by die toepassing van tariewe;
(b) die bedrag wat individuele gebruikers vir dienste betaal, in die algemeen in verhouding is met hul gebruik van daardie diens;
Kyk 'n mens verder ook na Arikel 74 (2) van die Munisipale Stelselswet (32 van 2000) is dit weereens duidelik dat hier geen inagneming van die wetlike riglyn bestaan nie.
74. Tariff policy.
(1) A municipal council must adopt and implement a tariff policy on the levying of fees for municipal services provided by the municipality itself or by way of service delivery agreements, and which complies with the provisions of this Act and with any other applicable legislation.
(2) A tariff policy must reflect at least the following principles, namely that—
(a) users of municipal services should be treated equitably in the application of tariffs;
(b) the amount individual users pay for services should generally be in proportion to their use of that service;
Oudtshoorn Munisipaliteit se tariewe word inderdaad steeds verhaal per toilet en nie vir gebruik nie. Terwyl die aantal toilette absoluut niks te doen het met die volume riool wat in die stelsel gehanteer word nie. Riool word gegenereer deur die mense in 'n woning. Die aantal toilette en die vlak van gebruik hou absoluut geen verwant nie.
By kennisname van sekere statistieke word die persepsie van finansiële gewin aan die kant van die munisipaliteit, deur hulle weiering om die beleid te hersien geïmpliseer.
Volgens statistieke in antwoord op 'n soortgelyke grief deur AfriForum in 2018 maak Oudtshoorn Munisipaliteit van die volgende syfers gebruik, heg jy inkomste waardes daaraan lyk die prentjie al hoe slegter.
72,36% belastingbetalers word belas vir een toilet wat 'n inkomste by beraming van sowat R2.2 miljoen per maand genereer,
27,64% belastingbetalers word belas vir meer as een toilet wat 'n inkomste by beraming van sowat R2.3 miljoen per maand genereer.
Die bogenoemde in ag geneem betaal die minderheid van 27,64% belastingbetalers met meer as een toilet 51% van die inkomste in gevolge rioolheffings en die meerderheid van 72,36% wat slegs 1 toilet het vir 'n skamele 49%.
Belastingbetalers met een toilet het in 2018/2019 R128 betaal, twee R256, drie R384 en vier R512, sonder enige in agneming of een, twee of twaalf mense gebruik maak daarvan.
Binne distrikte groepering van Eden Distriksmunisipaliteit, is Oudtshoorn die enigste, wat riooltariewe per toilet en nie per woning hef nie.
Indien 'n klasaksie regsgeding deur hierdie benadeelde 27,64% belastingbetalers in Oudtshoorn teen die munisipaliteit ingestel word, kan die munisipaliteit aanspreeklik gehou word vir verlies op grond van onbillike behandeling van sowat R26,6 miljoen jaarliks.
In ag geneem dat griewe reeds die afgelope 18 jaar op dowe ore val, kan so 'n regsgeding vir dié tydperk 'n astronomiese bedrag van sowat R500 miljoen sonder kostes beloop.
Hoe lank voor hierdie stap die enigste uitweg vir belastingbetalers word?
Inwoner.