Ons sien so baie op Facebook diereorganisasies wat foto's plaas van diere wat verwaarloos of mishandel word. Meeste van die diere word weggevat uit haglike omstandighede en kom dan brandmaer by vrywilligers aan. Baie van hulle maak dit soms nie eens nie.
Ons lees ook baie van mense wat hul honde agter karre aansleep, kinders wat diere met klippe gooi of met ketties skiet. Nie net in ons eie streek nie, maar ook in ander dorpe. Hoe gereeld word die mishandelaars gevang en gestraf?
Dit grief my dat mens amper nooit lees dat enige van die eienaars van die mishandelde en verwaarloosde troeteldiere aangekla word nie.
Sal daar nie minder diere weggegooi word as die mense 'n slag aangekla of beboet word nie? Is dit nie tyd dat mense wat nie na hulle diere omsien boet vir hul dade nie?
- Gegriefde inwoner
(Die brief is aan verskeie rolspelers gestuur vir reaksie. Sien berig op bladsy 3).