Saturday 08:07
clear sky
Tomorrow:
overcast clouds 20°
Oudtshoorn
Die Oudtshoorn Vaardigheidskool het eerste prys opgeraap vir hul merkwaardige groentetuin en het Woensdag 12 Februarie 'n tjek vir R15 000 van Lindelwa Sopotela, direkteur van die nasionale voedselsekuriteitsprogram ontvang.Die skool het die kategorie van skole voedselproduksie-program vir droë gebiede gewen.In gesprek met Gavin Block, skoolhoof, vertel hy dat hulle in 2024 tweede plek behaal het en hy homself voorgeneem het om hierdie jaar met 'n eerste plek weg te stap."Ons groentetuin is baie noodsaaklik en belangrik vir ons aangesien 80% van die voedsel wat ons groei en produkte wat ons maak en inlê direk na ons koshuis toe gaan, die oorblywende 20% word vir die voedselklas gebruik. Ons tuin is in 2023 aangelê en ons is baie trots hoe die tuin floreer."Block het koshuisgangers aangemoedig om betrokke te raak by die groentetuin sodat hulle meer kan leer oor voedselproduksie asook om hulself sinvol besig te hou.
Oudtshoorn Courant proudly displays the “FAIR” stamp of the Press Council of South Africa, indicating our commitment to adhere to the Code of Ethics for Print and online media which prescribes that our reportage is truthful, accurate and fair. Should you wish to lodge a complaint about our news coverage, please lodge a complaint on the Press Council’s website, www.presscouncil.org.za or email the complaint to enquiries@ombudsman.org.za. Contact the Press Council on 0114843612.
Copyright 2025 Group Editors Company (Pty) Ltd, Registration Number 1963/002133/07 t/a Oudtshoorn Courant