Tydens die Kannas het Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk, nuwe inisiatiewe deur die maatskappy aangekondig. Dit sluit 'n teksmark in, wat 'n geleentheid aan skrywers bied om nuwe inheemse tekste bekend te stel. Kunste Onbeperk se nuwe webblad sal verder dien as 'n inligtingsplatform vir die kunstebedryf.
Kunste Onbeperk. Die Kannapaneel was Danie Marais (sameroeper), Retha Bornmann, Cornelia Faasen, Deon
Maas, Thami Mbongo, Laetitia Pople, Louis Pretorius, Clive Smith, Malan Steyn, Mareli Stolp en John Theodore.
- Kanna vir beste teateraanbieding - Sizwe Banzi is Dead
- Kanna vir beste akteur - Atandwa Kani (Sizwe Banzi is Dead)
- Kanna vir beste byspeler: manlik - Albert Pretorius (Hond se gedagte)
- Kanna vir beste aktrise - Tinarie Van Wyk Loots (Hemelruim)
- Kanna vir beste byspeler: vroulik - Karli Heine (Hensop!)
- Kanna vir beste musiekproduksie - Die Afrikaansvatter
- Kanna vir beste klassieke musiekuitvoering - Corelli à la mode
- Kanna vir beste regie - John Kani (Sizwe Banzi is Dead)
- Kanna vir beste debuutwerk - Klara Maas se hart is gebreek
- Kanna vir beste opkomende kunstenaar - Mthuthuzeli November (Dansprogram: A Thousand Shepherds)
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo, Tuinroete, Hessequa nuus'