“Dit was ‘n baie suksesvolle fees,” sê Carel Nel, eienaar van Boplaas, een van die drie groot kelders in die dorp wat saam met ‘n aantal kleiner boetiekkelders aan die fees deelgeneem het.
Volgens Nel het besoekers aan die unieke Port-leefstylfees van so ver as Johannesburg, Kaapstad en die Oos-Kaap gereis. Van die hoogtepunte was die proe van Portugese tafelwyne wat aangebied is deur Carel en Boets Nel, en wat veral goed ontvang is deur wynskrywers vanoor die land. Carel en Fanie Geyser het die verskillende port-style toegelig. “Daar is onomwonde besluit ons port is beter as die Portugese port!”
Die fynproewers-kosmark was ook baie gewild en teen Sondagmiddag was al die lekkernye so te sê uitverkoop.
Nog ‘n hoogtepunt was Eric Labuschage se portparing met brownies, van alle dinge... amper so gewild soos die kunstenaars wat opgetree het, veral die orreluitvoering van Zorada Temmingh in die NG Calitzdorp-kerk is baie goed ontvang.
Volgens Nel is dit vir die organiseerders baie belangrik om die gemeenskap betrokke te hou by die fees. Naas die wingerdsnoeikompetisie, was daar ook ‘n dominokompetisie waarvoor sowat 30 spanne ingeskryf het, ‘n optrede deur plaaslike trompoppies en kinderkuns vir die kleingoed.
_363157770_tn.jpg)
Sowat 4 000 besoekers het die afgelope naweek ‘n draai by die jaarlikse Absa Calitzdorp Port- en Wynfees gaan maak.
_363157679_tn.jpg)
“Dit was ‘n baie suksesvolle fees,” sê Carel Nel, eienaar van Boplaas, een van die drie groot kelders in die dorp wat saam met ‘n aantal kleiner boetiekkelders aan die fees deelgeneem het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'