OUDTSHOORN NUUS - Liefhebbers van orrelmusiek kan uitsien na 'n uitvoering deur die Nederlandse orrelis, Martin Mans op Saterdag 21 Oktober om 18:00 in die NGK Park.
Mans besoek Oudtshoorn tydens sy komende toer van Suid-Afrika, vir die bekendstelling van sy nuutste CD, Plea for Africa. Kaartjies is R100 en is beskikbaar by Kunste Onbeperk se kantoor in Die Neelsie, Jan van Riebeeckweg 217.
Vir meer inligting, kontak 044 203 8600 of stuur 'n e-pos na info@kunste.org.za
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'