OUDTSHOORN VERMAAK NUUS - Die bekende musikante, Petronal Baard en Stef Kruger kom kuier Vrydagaand in Oudtshoorn ten bate van dierewelsyn.
Hulle puik vertoning Vrydagaand om 19:00 by Mount Noah Lodge in Draaistraat is deur ACT (Animal Care Team) gereël.
Dié twee kunstenaars is reeds vir geruime tyd in groot aanvraag op die verhoog en Vrydag se vertoning Verdubbel die Geluk gaan weereens ‘n spesiale geleentheid wees.
Kaartjies beloop R150 per persoon en sluit ‘n ete in. Vir navrae en besprekings skakel Vanessa (082 927 7276), Brende (082 359 5051) of Lee-Ann (083 334 0172)
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'