TUINROETE NUUS - Die gewilde Luna Paige sal tussen môre, 27 Februarie, en 5 Maart in drie optredes op die Tuinroete in aksie wees.
Paige tree op môre, Donderdag 27 Februarie, by die Twin Trees restaurant op Groot-Brakrivier.
Ná haar konsert op Groot-Brak, is sy ook Sondag in George en op Woensdag, 5 Maart, op Hoekwil te sien. Die vorige keer dat Paige in die Mosselbaai-omgewing in aksie was, was in Oktober 2024.
"Sedert my laaste besoek het ek het net die mooiste herinneringe van dié beeldskone omgewing.
"Ek sien vreeslik daarna uit om weer hier op te tree en met die plaaslike mense bande mee te smee," het sy gesê.
In hierdie konsert, Oceanic Heart, bring dié talentvolle sanger-liedjieskrywer en storieverteller musiekliefhebbers 'n versameling liedjies wat die liefde vier.
Paige sing oor romantiese liefde, liefde tussen vriende en familie, en die diep verbintenis tussen mense en hul diere. Sy sing ook oor liefde vir die natuur, reis, en die belangrikste van alles - selfliefde.
Benewens die uitvoering van haar oorspronklike materiaal, het Paige liedjies gekies deur liedjieskrywers wat geskryf het oor hul eie families, viervoetige vriende, hul liefde vir musiek en die lang pad.
Sy sal haar eie weergawes van gewilde en minder bekende liedjies van kunstenaars soos Dolly Parton, Norah Jones, Nick Cave, Neil Young, Janis Joplin, en vele meer op haar spyskaart hê.
Om meer uit te vind oor Luna Paige, kan haar webwerf, www.lunapaige.com, gerus besoek word.
Sy is bekend vir haar besondere aanbieding en kragtige stem.
Gehoorlede word dikwels beïndruk met haar vermoë om haarself op akoestiese kitaar en klawerbord te begelei.
Haar program is:
Donderdag, 27 Februarie, Twin Trees, Groot-Brakriver
Deure open: 17:00, vertoning begin: 19:00.
Kaartjies: R150 via Open Tickets. Kontak die restaurant by 082 820 1925
Sondag, 2 Maart, George Kunsteteater
Deure open: 14:00, vertoning begin: 15:00.
Kaartjies by die deur: R165
Aanlynkaartjies: R150. Pensioenarisse (aanlyn + by die deur): R120, www.quicket.co.za. Navrae: 064 881 8392.
Woensdag, 5 Maart, Cornerstone Creek Chapel @ Rambling Rose Hoekwil
Adres: Hoek van Duiwerivier en Hoekwilstraat, Hoekwil
Deure open: 17:00. Etes kan bestel word by Rosie voor die vertoning. Neem kennis die vertoning vind nie in die restaurant plaas nie, maar by die kapel. Kom vroeg om te bestel.
Vertoning begin: 19:00. Sitplekke word verskaf.
Kaartjies: R250 (sluit ‘n verwelkomingsdrankie in), Kinders (12-17 jaar oud): R100, www.quicket.co.za. Navrae: Nadine (076 586 9305).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’