OUDTSHOORN NUUS - Daar is nog net een week oor vir alle kunstenaars, kreatiewe skeppers en denkers om innoverende en kreatiewe aansoeke in te dien vir oorweging by die KKNK in 2026.
Die 30ste KKNK word vanaf 28 Maart tot 4 April 2026 in die hartjie van die Klein-Karoo in Oudtshoorn aangebied!
Slegs elektroniese aansoeke wat voor die sluitingsdatum van Maandag 14 Julie om middernag aanlyn ingedien word, word oorweeg. Die aansoekvorm en meer inligting - waaronder inligting oor kriteria- en keuringsriglyne, teikenmark-inligting, ’n oorsig oor die KKNK se feesgangers, kontraktipes en ander belangrike inligting is aanlyn beskikbaar.
Alle aansoeke word deur ’n onafhanklike aanbevelingspaneel geëvalueer, in samewerking met die artistieke direkteur, in oorleg met die evalueringskriteria wat in die KKNK 2026 programriglyne ingesluit. Voorlopige en finale keuring word daarna deur die KKNK-kantoor uitgestuur.
Indien jy enige algemene navrae het kontak vir JC Aucamp by jc@kunste.org.za of 044 203 8600.
Produksievoorstelle wat geoormerk kan word vir feeste verder in die toekoms.
Dit bied geleentheid vir langtermyn beplanning. Indien jy ’n voorstel het vir die 31ste KKNK in 2027, stuur dit aan Hugo Theart by hugo@kunste.org.za.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’