Van 1994 tot 2016 het baie dieselfde gebly: Dat die fees 'n kuierplek is, 'n bymekaarkomplek van die beste wat Suid-Afrikaanse kunste bied, met gesprekke wat jou aan die dink sit, sowel as die kans om die kollig te laat val op van ons jongste, beste boeke en hul skrywers.
Maar wanneer jy by 21 verby is, is dit ook tyd vir vernuwing.
Volgens Snyman is van die vernuwings die skeppende vermaak van die Uitkampteater, die ATKV-kampvuur waar digters, skrywers en storievertellers gaan vergader, sowel as die nuwe laataand-kuierplek, die Windpomp.
Die keurige 29-bladsy-program verdeel die aanbiedings in die volgende kategorieë: Teater, komedie, dansteater, kindervermaak, musiek, Rivierbuurt, Uitkampteater, gesprekke en woordkuns.
Teater sluit in die klassieke Die Huis van Bernarda Alba en die bekende Sizwe Banzi is Dead, asook Blou-Blou, Die dag is bros, Die man Jesus, Hemelruim, Kul, Nagwandelaars, Nouliks of Niks, Pa, Rooivalk, Santa Gamka, Son, Maan en Sterre, The Tourists en Vyf:
Topakteurs gaan hier wees: Eric Holm, Marel van Heerden, Sandra Prinsloo, Nicole Holm, Tinarie van Wyk Loots, Vinette Ebrahim, Antoinette Kellerman, Dawid Minnaar, Lida Botha, Joanie Combrink, Tobie Cronjé, Gerben Kamper, Geon en Carel Nel, Chris van Niekerk, Milan Murry, Stian Bam, Roeline Daneel, Marlo Minnaar, Richard September, Atandawa Kani en Louis van Niekerk.
Verder is daar komedie met Dowwe Dolla, Milan Murray en Antoinette Louw, Ben Kruger, Marga van Rooy Elize Cawood en Wilson Dunster met nog 'n hele paar ander wat gaansorg vir seer lagspiere.
Dansteater sluit in A Thousand Shepherds ('n interkulturele en energieke viering van dissipline en toewyding) en Blue (met net manlike balletdansers) en kinderteater bied Heidi – die musiekblyspel, Roer jou litte en Storietyd, 'n verbeel-dingsvlug van diere, feetjies en kabouters.
Musiek is weer die gom wat die uiteenlopende aanbiedinge bind met kunstenaars soos Adam Tas, Amanda Strydom, Andriëtte, Bobby van Jaarsveld, Francois van Coke, Emo Adams, Jak de Priester, Jay & Lianie, Laurinda Hofmeyr, Valiant Swart, Koos Kombuis, Laurika Rauch en nog 'n hele rits van Suid-Afrika se voorstes en die gewilde Huisgenoot-konsert is ook weer hier.
Vir liefhebbers van klassieke en gewyde mu-siek is daar meer as 20 kunstenaars en aanbiedinge.
Op die feesterrein Rivierbuurt kan jy en jou gesin saamkuier in die geselskap van glans-sterre op die kykNET-musiekverhoog.
Maar dan is daar ook die Uitkampteater waar tien geselskappe unieke, kort produksies aanbied.
Boekgesprekke word aangebied deur Daniel Hugo, met Petra Müller, Dana Snyman, Johan Bakkes, Theuns Eloff, Willie Esterhuyse, Hannes Visser en Suzanne Ongansie, en die boeke van bekende en nuwe skrywers word in die kollig geplaas.
Die Burger se gespreksreekse sluit in aktuele onderwerpe soos tienerdepressie, Springbokrugby, godsdiens, taal en transformasie, grondhervorming en Afrikaans by 'n kruispad. Daar is gesprekke oor die visuele kuns en die geleentheid om na bekronnde hoorbeelde en radiodramas uit die SAUK se klankargief te luister.
Kom luister hoe vier digters, Daniel Hugo, Petra Müller, Hannes Visser en Susan Ongansie by die Digtersvuur uit hul werk voorlees en luister na gesoute storievertellers Poem Mooney, Willa Boezak, Lochner de Kock en Jan van Wyk se vreemde verhale.