Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Drie kunstenaars is gisteraand tydens die programbekendstelling van die KKNK vereer.
Die Kunste Onbeperk Kruispunt-prys is aan Hannes Coetzee, ‘n eiesoortige kitaalrspeler van Herbertsdale toegeken.
Hy span ‘n teelepel in om rou klanke op te tower en het in David Kramer se Karoo Kitaar Blues nasionaal en internasionaal groot aandag getrek het.
Die prys is deur David Kramer oorhandig.
Die beeldhouer, Collen Maswanganyi het die Kunste Onbeperk-prys vir ’n Nuwe Stem ontvang.
Hy is die seun van die bekende beeldhouer, Johannes Maswanganyi, wat vanjaar se feeskunstenaar is.
’n Pa én seun lewer vanjaar ’n groot bydrae tot die visuele kuns en Collen Maswanganyi as ontvanger van die Kunste Onbeperk-prys vir ’n Nuwe Stem.
Tobie Cronje is vereer vir sy lewensbydrae tot die kunste en het sy toekenning van Katinka Heyns ontvang.
Kyk 'n video hieronder.
Collen Maswanganyi en sy pa Johannes.
Hannes Coetzee (links) en Frazer Barry.
Lees 'n verwante artikel: KKNK-program bekendgestel
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'