Kom kyk en leer van veldkruie soos dasbos en klipkruie, rooivergeetwortel en jakkalsbos,bergpatat - van alles en nog wat..so ook tuinkruie wat ons ken.
Antoinette Pienaar is ‘n Suid-Afrikaanse aktrise,sangeres en skrywer. Sy is ‘n bewaarder en kenner van kosbare Karooerfenis wat andersins sou uitsterf. Haar navorsing oor die onskatbare van die Karoo se kruie en veldplante het haar wêreldbekend gemaak. Haar eerste boek “Kruidjie roer my”, was haar eerste stap om die Karoo vir ons nageslag te bewaar. Antoinette is ook weekliks te hoor in haar program op RSG, “Kruie Kraai Koning”.
Antoinette sal immers ook haar kitaar en strelende stem aan Kaasfees-gangers by vanjaar se Kaas en Kruie laat hoor.
Oom Johannes, a Griekwa, het reeds talle mense met sy kennis en wysheid van die veld se helingskuns behandel.Hy is ook ‘n storieverteller en het Antoinette nie net gesond gemaak nadat sy malaria opgedoen het nie, maar haar ook geleer van die Karooveld se kruie en hul helingsgeheimenisse. Die Vodacom George Kaasfees is vanjaar baie bevoorreg om hul as gaskunstenaars te kan hê.
Daar sal ook verskeie items by Kaas & Kruie te koop wees: Antoinette se boeke, "Kruie uit die Karoo", ”Groen Potte” om kruie in te kweek en Olienhoutkieries uit die Karoo. In elke sessie sal daar ook gelukkige trekkings wees! Mense sal ook die geleentheid hê om vrae te stel.
Antoinette en Oom Johannes sal besoekers ook trakteer met die bekende organiese kase van die Gay Guernsey Diary in Prince Albert en Ant Sofia se vars roosterkoeke uit die Karoo.
Moet nie hierdie unieke Karoo ervaring van Kaas & Kruie by vanjaar se Vodacom George Kaasfees misloop nie!
Kaas & Kruie word moontlik gemaak deur “Vriende van Laerskool Outeniqua”, die King George Protea Hotel en die En Route 24@ Shell Kraaibosch.
Die immergewilde Biersessies met Dennis da Silva van SA Brouery, Boplaas se Port en Wyn met JonelVermeulen en Brannewyn en Whiskey sessies word ook tydens die fees aangebied. Daar is slegs beperkte sitplekke per sessie beskikbaar. Kaartjies teen slegs R20pp en R25pp (Kaas en Kruie) by The Office, Shop 12a, Precap Centre Courtenay Street, (Mini Pick n Pay - 044 873 3143) of by die fees se Info Kantoor te koop wees. Vir meer inligting besoek gerus www.cheesefestival.co.za.
.jpg)
Oom Johannes
.jpg)
Antoinette Pienaar
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'