Dié plaaslike 'akteurs' - onder andere Louis van Brakel, Andene Gous en Charmaine Kriek – was deel van 'n groep ekstras wat gehelp het om 'n gehoor te vorm vir 'n toneel wat verlede jaar verfilm is in The Showroom in Prins Albert.
Lizz Meiring wat die rol van die praatsiek ontvangsdame, Bonnie van der Byl, vertolk het die grootste aandeel in die speurwerk van die fliek wat bemark word as “spanning vermeng met komedie”.
Roets het die uitdaging gehad om wat oorspronklik 'n verhoogtuk was in 'n film te omskep. Bekendes soos die sanger Anton Goosen, die komediant Solly Philander en die tjellis Leon Ecroignard maak ook hul verskyning in die fliek – as hulself.

