Hierdie kleurryke en veelsydige venue bied nou gereeld danspartytjies by sy eie plaasteater aan en die lekker dansmusiek van toeka tot nou sorg vir ‘n feestelike atmosfeer wat selfs die alpakkas se voete laat jeuk!
Komende Vrydag, 18 November neem jamstreet en Johan Brooks jou op ’n musiektoer deur die 80’s en verweef die polsende klanke van treffers soos I will survive en Night fever met beeldmateriaal uit hierdie mega-dansera.
Jy kan eenvoudig nie jamstreet se 80’s Boogyparty misloop nie. Kaartjies is net R50 en ‘n kontantkroeg en kosstalletjies is beskikbaar.
Kaartjies is vooraf by Danie by 082 510 0516 te koop, maar wikkel, want na die sukses van die eerste dansparty sal die kaartjies sommer vinnig loop.
Na die 18de word die volgende dans vir Vrydag, 2 Desember beplan.
Benewens die danspartytjies kan gaste deur die week en naweke die verstommende alpakkas van Chile en Peru by jamstreet ontmoet, die kunswerke in die Mooi-galery bekyk, in die prettige winkel rondsnuffel, koek of middagete geniet, of bloot aan ‘n glasie wyn op die groot stoep sit en teug en die asemrowende uitsig indrink.
Kontak Danie by 082 510 0516.

Reg op Oudtshoorn se voorstoep is jamstreet - ’n venue vir mense wat daardie ietsie ekstra soek.