OUDTSHOORN VERMAAKNUUS - Om op 'n plaas kilometers buite Oudtshoorn te woon is geen verskoning om nie te kan fliek nie. Dario Urbanski van Lategansvlei het verlede Saterdag die derde fliekaand onder die sterre op die sokkerveld wat op die plaas aangelê is, gehou.
Daar is ook vir die eerste keer 'n karaoke-aand aangebied.
Volgens Dario het ongeveer 130 mense, waarvan 'n groot gedeelte kinders was, die aand bygewoon.
Kinders wat al die pad van Buffelsdrift per bus gery het, het vir nog 'n hoogtepunt gesorg toe hulle twee liedjies gesing het. Lategansvlei is reeds bekend vir die sokkertoernooie wat vir kinders en volwassenes aangebied word.
Met befondsing van 'n Duitse sokkerklub het die Urbanskis oor die afgelope agt jaar 'n sokkerveld met 'n pawiljoen, ablusiefasiliteite, kombuis en selfs spreiligte opgerig.
Hulle bedank almal wat tot die fliekaand bygedra het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein karoo nuus'