Volgens Danie Marais, sameroeper van die Kannapaneel wat jaarliks die Kannas toeken, was dit weens die verskeidenheid en besonderse gehalte op die program vir die paneel “bitter moeilik” om nominasies en wenners aan te wys.
Tydens die Kannas het Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk, nuwe inisiatiewe deur die maatskappy aangekondig. Dit sluit ’n teksmark in, wat ’n geleentheid aan skrywers bied om nuwe inheemse tekste bekend te stel. Kunste Onbeperk se nuwe webblad sal verder dien as ’n inligtingsplatform vir die kunstebedryf. “Dit is die kunstenaars wat ons inspireer om as organisasie meer te doen en waar moontlik die kunste op verskillende platforms en wyses te ondersteun en landswyd ’n bydrae en verskil te maak”, sê sy.
Snyman het ook ’n kontant-donasie, wat tydens die fees ingesamel is, aan die Teaterbystandsfonds oorhandig. Dié fonds is ’n nie-winsgewende organisasie wat betrokkenes in die vermaaklikheidsbedryf in noodsituasies ondersteun.
Volgende jaar se KKNK word van Saterdag, 8 April tot Saterdag, 15 April op Oudtshoorn aangebied.
Die lys van Kanna-wenners vir 2016 is:
Kanna vir Beste Teateraanbieding