Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Met die KKNK wat op Dinsdag 29 Maart in Oudtshoorn afskop, sal feesgangers te veel hê om van te kies.
Die feesmarkterrein net langs die De Jager-sportstadion is volgepak met stalletjies wat allerhande snuisterye en eet- en drinkgoed te koop sal aanbied.
Maar dis by die Castle Lager-verhoog waar van die bekendste - en gewildste - Suid-Afrikaanse sangers besoekers gaan vermaak.
FOTOGALERY: Castle Lager-verhoog hou van die bekendste - en gewildste - Suid-Afrikaanse sangers
'n Dagkaartjie kos slegs R50 en gee jou toegang elke dag van Dinsdag (29 Maart) tot Saterdag 2 April van 11:00 af tot die aand om 21:00. Verskillende kunstenaars tree al om die uur op om elke moontlike musieksmaak te bevredig.
Hier is enkele van die bekendstes wat gaan optree:
Dinsdag 29 Maart
- 20:00 - Demi-Lee Moore
Woensdag 30 Maart
- 19:00 - Franja du Plessis
- 20:00 - Juanita du Plessis
Donderdag 31 Maart
- 16:00 - Jakkie Louw
- 19:00 - Grancille Michaels
- 20:00 - Karin Kortje
Vrydag 1 April
- 12:00 - Donkiekar-boereorkes
- 20:00 - Early B & Justin Vega
Saterdag 2 April
- 19:00 - Lea
- 20:00 - Ruhan du Toit
Wynand en Cheree. Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'