OUDTSHOORN NUUS - Die KKNK se seremoniële tentpen om aan te dui dat voorbereidings van die feesterreine amptelik begin het, is ingekap.
Dr David Piedt, wat onlangs deur Kunste Onbeperk vereer is vir sy jarelange bydrae tot die KKNK waarvan hy ‘n stigterslid was, het die pen vanmiddag om 15:00 op die sportveld van die Oudtshoorn Rec ingekap.
Verskeie rolspelers van die KKNK het bygestaan.
Die Rec en die sportgronde oorkant Vredestraat is vanjaar weer die gebied waar die Kuierbuurt sal plaasvind en daar is vandag reeds hard gewoel om van die tente waar die stalletjies gaan wees op te slaan. Die KKNK begin op Maandag 23 Maart en duur tot Sondag 29 Maart.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'