OUDTSHOORN NUUS - Die 26ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) is vanaf 29 Maart tot 3 April in Oudtshoorn aangebied.
Die Kanna-pryse, 'n toekenningsgeleentheid wat tradisioneel na afloop van die fees erkenning gee aan uitsonderlike kreatiewe bydraes tydens die fees, vind op Vrydag 22 April in Kaapstad plaas.
Die onafhanklike Kanna-paneel met Rafiek Mammon as sameroeper, het Gary Naidoo, Laetitia Pople, Diane de Beer, Alby Michaels, Marguerite Robinson en Robyn van de Rhede ingesluit.
Mammon sê: "Ons, as 'n onafhanklike paneel, sit letterlik elke oggend net voor agt al in 'n kamer en bespiegel oor die vyf tot ses stukke wat jy die vorige dag gesien het.
"En elke oggend, tot en met die laaste dag van die fees, word gesprekke met passie, erns en liefde deurdrenk. Dit gaan nie net oor die feit dat ons weer kon fees in lewende lywe nie, en om gehore en kunstenaars te kon sien en hoor nie. Dit gaan oor die kwaliteit van die werk. Die gehalte van produksies by die KKNK is so goed dat die paneel letterlik gewroeg het om 'n kortlys van benoemdes saam te sit onder die verskeidenheid waardevolle aanbiedings."
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'