kKKNK NUUS - Uitnemende artistieke bydraes by vanjaar se KKNK, geborg deur Absa, is Donderdag 9 Mei met Kannas bekroon.
Die KKNK se Kanna-pryse is tydens ’n glansgeleentheid by Leopard’s Leap Wynlandgoed net buite Franschhoek oorhandig. Veteraan-joernalis Marianne Thamm was die aanbieder.
Die stoele, Eugène Ionesco se klassieke tragi-klug, onder regie van Marthinus Basson, is met drie pryse bekroon. Dié debuutwerk is aangewys as beste toneelaanbieding, met Chris van Niekerk en Antoinette Kellermann wat onderskeidelik as beste manlike en vroulike speler in ’n hoofrol vir hulle vertolking in die stuk bekroon is. Kellermann is ook as beste vroulike speler in ’n ondersteunende rol bekroon vir haar spel in Philip Rademeyer se Goed wat wag om te gebeur.
KKNK 2024 Kannas Antoinette Kellermann Foto: Natalie Gabriels Photography
Rademeyer het die Kanna vir uitnemende literêre bydrae ontvang vir Goed wat wag om te gebeur.
Karoo Kaarte se nuutste teaterproduksie en plekspesifieke drama, Die Swartmerrie, is bekroon as beste debuutwerk by die KKNK en Neil Coppen as beste regisseur vir dié produksie.
Lees meer oor die Kannas in volgende week.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’