Die koor berei hulle voor om Suid-Afrika vanjaar by die agtste Wêreldkoorspele in Riga, Letland te verteenwoordig, waar hulle teen die beste 500 kore in die wêreld sal meeding.
Om fondse vir hul toer te werf, bied die SKKK, in samewerking met plaaslike kunstenaars, 'n glanskonsert op Saterdag, 17 Mei, om 19:00, in die ATKV Walvissaal, Hartenbos aan, wat musiekliefhebbers beslis nie moet misloop nie!
Die Kinderkoor sal die koorwerke wat hulle vir Europa voorberei, asook liedere uit die ATKV Amen-produksie, waarby hulle by vanjaar se Absa KKNK betrokke was, sing.
Bekende Suid-Kaapse kunstenaars wat saam met die SKKK optree is Petronel Baard, die Hoërskool Outeniqua Vokale-ensemble onder leiding van Karin Netley, die Sotto Voce-sangensemble onder leiding van ds Johan en sy vrou, Natasja Engel-brecht - wat met kitaar- en Franse akkor-dion-begeleiding sal sing.
Voor die konsert sal konsertgangers 'n sjerrie in die foyer voor die konsert kan geniet, met sjarmante agtergrondmusiek verskaf deur die Mosselbaaise Strykensemble.
Kunswerke van plaaslike kunstenaars, soos Louisa Lotz, sal ook voor en tydens die konsert uitgestal word.
CD's van die Suid-Kaap Kinderkoor sal tydens pouse verkoop word, en plaaslike borge wat bygedra het tot die Suid-Kaap Kinderkoor se toer, sal kortliks vereer word. Maar die hoofdoel van die aand is die skouspel van uitmuntende musiek wat die ta-lent van ons streek sal ten toonstel.
Kaartjiekoste beloop R100 per person en kan by 084 645 9320 bespreek word.

Die immergewilde Suid-Kaap Kinderkoor, onder leiding van Jan-Erik Swart, berei tans voor om deel te neem aan die agtste Wêreldkoorspele in Riga, Letland, waar hulle sal meeding teen 500 van die beste kore ter wêreld.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'