Die fees, van 29 Junie tot 3 Julie het 74 inskrywings, waaronder 14 vollengteflieks, 9 dokumentêre en 51 kortfilms (eksperimente en animasiesflieks). Soos verlede jaar gaan die wenfliek in elke kategorie aangewys word en gaan 'n lewensbydrae vir 'n groot rolspeler in die Suid-Afrikaanse filmbedryf weer toegeken word. Vanjaar is daar ook meer vertoonlokale.
Die teater, The Showroom, is weer die hooflokaal met die bykomende vertoonlokale die Sydwell Williams-saal in die woonbuurt Noordeinde, die Jans Rautenbach Schouwburg in De Beerstraat, en die saal van die Hoërskool Zwartberg.

Filmmaker en mede-eienaar van The Showroom, Johnny Breedt. Foto:Marlene Malan