OUDTSHOORN NUUS - Klassieke musiek is 'n briljante hulpmiddel wat breinontwikkeling en konsentrasie bevorder in die ontwikkeling van kinders onder die ouderdom van sewe.
Magdalene Minnaar (viool), Rosamund Ender (tjello) en Esthea Kruger (klavier) het Vrydagmiddag, 9 Augustus, klassieke musiek vir kinders verwesenlik met die Little Maestros: Classical Concert for families, tydens die jaarlikse Klein Karoo Klassique in Oudtshoorn.
Hierdie konsert, spesifiek gemik op jonger luisteraars, bied 'n ontspanne omgewing waar klein oortjies leer deur Mozart, Bach en ander bekende klassieke musiek. Hierdie interaktiewe uitvoerings is saamgestel met kinders ingedagte en sluit hope interaksie en verduidelikings, asook deelname en beweging saam met die musiek in.
Bekende werke soos Vivaldi se Vier Seisoene en Mozart se Eine Kleine Nachmusik is gespeel.
Die kinders is interaktief betrek by die uitvoering wat dans, mars en algemene musiekinligting ingesluit het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’