OUDTSHOORN NUUS - Die geliefde Margit Meyer-Rödenbeck is terug by vanjaar se Klein-Karoo Nasionale Kunstefees!
Drie Susters
In Drie Susters speel Meyer-Rödenbeck (Anel) saam met Lizz Meiring (Christine) en Nicole Holm (Bianca) susters wat reis deur die slaggate en mynvelde van verhoudings, vrou- en ma-wees. Christine, Anel en Bianca se vlug na Thailand is vertraag.
Dis Christine se 50ste verjaarsdag en dis die tweeling se verjaarsdaggeskenk aan haar. Hoekom moet Anel en Bianca altyd inmeng?
'n Bord sushi sou net so goed gewees het. Sy weet hulle is familie, maar hulle weet ook sy's bang vir vlieg. Terwyl die susters die tyd verwyl met kaarte, boeke, cappuccino's en vlymskerp tonge, word lewenskeuses uitmekaargetrek en ou koeie opgegrawe. Want hier sit hulle nou. Die vlug is vertraag en sy's hoog op kalmeerpille. Bianca is vas oortuig sy't hulle verlore ma gesien. Anel praat met 'n aantreklike man. Christine maak haar oë toe. Sy droom van stilte. Absolute stilte. Sy wens partykeer haar man en seuns wil net verdwyn.
Sy mag dit nie dink nie, maar…. sê nou maar, sê nou maar Thailand is die antwoord.
Drie susters is 'n dramedy geskryf deur Louis Pretorius van Die Boekklub-faam.
Venue: Hoërskool Oudtshoorn
- 21 Maart om 18:30;
- 22 Maart om 09:30;
- 25 Maart om 14:30;
- 26 Maart om 13:30;
- 27 Maart om 13:30
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'