TUINROETE NUUS - Die Mosselbaai Musiekvereniging se eerste konsert vanjaar vind plaas op Donderdag, 13 Februarie.
Die Carpe Musicam! Sekstet tree in ‘n Valentyns-konsert, Be my Valentine, in die Dias Museum op.
Die konsert begin om 19:00 en kaartjies kos R160 vir lede en R180 vir nie-lede.
Skoolgaande kinders mag dit gratis bywoon.
Kom luister na pragtige musiek soos Italian in Algiers, I know him so well en The Godfather Waltz.
Besprekings kan gedoen word per WhatsApp by 064 963 9962 of by Frame of Mind in die Ocean View Sentrum in Blandstraat, Mosselbaai.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’