OUDTSHOORN NUUSFLITS - Klassieke musiekliefhebbers kan vanjaar vir die eerste keer 'n restaurant teaterervaring by Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn beleef.
Dié winterfees van klassieke musiek, kuns, kos en wyn, word van Vrydag, 11 tot Sondag, 13 Augustus vir die negende keer aangebied.
By Die Windpomp Restaurant Teater, geleë in die CJV-saal agter die NG Moederkerk, kan feesgangers twee musiekuitvoerings en smulkos, berei deur die span van Signature Divine ervaar.
Vrydagaand kan feesgangers uitsien na 'An Evening of Jazz' met van die finaliste uit hierdie jaar se Artscape Youth Jazz-mentorskapprogram.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'