MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaaise musiekpromotor, Eduard Hugo is passievol oor sy dorp. Hy was instrumenteel om Saterdag die eerste Afrikaans is Groot (AiG) in Mosselbaai op die Van Riebeeck-stadion aan te bied.
Hiermee het hy bygedra tot werkskeppingsgeleenthede vir sowat 450 stukwerkers wat by die onderskeie stalletjies, die waterpark, die event self en so meer betrokke sal wees.
‘n Indrukwekkende verhoog is intussen op die Van Riebeeck-stadion opgerig – sowat 30 ton staal is met drie massiewe vragmotors tot op Mosselbaai gekarwy en spesialistakelaars is gebruik om die groter as groot verhoog op te rig.
Selfs tonne grys water is aangekoop om die verhoog te stabiliseer. Gryswater word ook vir die waterpark gebruik. Na afloop van die vertoning skenk AiG hierdie tonnemaat water vir gebruik op die grasvelde van die stadion.
Motoriste in en om Mosselbaai moet let op die sowat 20 000 mense wat by die byeenkomste verwag word.
Let daarop dat geldige kaartjies is slegs by Computicket beskikbaar is – moenie kaartjies van derde-partye koop nie.
Hekke reeds om 12:00 oop
Hekke na die Van Riebeeck-stadion maak op Saterdag, 28 Desember reeds om 12:00 oop. Kaartjiehouers kan uitsien na ’n dagverhoog met verskeie kunstenaars, asook lekker kompetisies.
Kaartjiehouers word versoek om eie kampstoele en komberse saam te bring – asook handdoeke vir diegene wat die waterpark se speletjies sal geniet.
Die waterpark is gratis aan alle AiG Somerfees-kaartjiehouers en daar is geen ouderdomsbeperking om allles by die waterpark te geniet nie.
Die amptelike konsert skop om 18:00 af.
Spesiale vervoerreëlings:
Op Saterdag, 28 Desember, sal Van Riebieeckstraat gesluit wees. Let wel dat dit ook die geval sal wees vir die Nuwejaarsjol op Dinsdag, 31 Desember.
Parkering sal in al die paaie rondom die stadion beskikbaar wees. Daar word wel versoek dat twee van die voertuig se wiele op die sypaadjie en twee in die straat parkeer word.
Alle voertuie wat voor ingange parkeer is, sal weggesleep word.
Die hoofingang na die feesterrein is waar Hofmeyr- en Van Riebeeckstraat ontmoet en dus is Hofmeyrstraat ’n goeie straat om in te parkeer.
Daar is ook veilige parkering beskikbaar wat beman sal word. Dié parkering is agter die stadion - as jy regs draai aan die einde van Brunsweg - en sal slegs R50 vir die dag kos.
Busse:
Openbare vervoer word in samewerking met Tours For South Africa aangebied.
Daar sal vier optelpunte wees: Hartenbos, Mosselbaai, George en die Heiderand.
Diegene in Knysna en George kan ook veilig kom saamkuier deur van hul dienste gebruik te maak. Die busse sal feesgangers by die Van Riebeeck-stadion aflaai en na afloop van die konsert weer by die busstop oplaai.
Bespreking noodsaaklik:
Let wel, besprekings moet vooraf plaasvind om jou plek op die bus te verseker. Bespreek slégs op een van die volgende maniere: Stuur ’n e-pos aan info@tours4sa.com of Stuur ’n WhatsApp aan: 082 412 1034 of 072 223 3164. Besoek www.tours4sa.com.
Skedule met vertrekpunte en vertrektye na die Van Riebeeck-stadion:
Knysna:
Vertrek na Van Riebeeck-stadion: 13:00 vanaf die Waterfront teen R500 retoer per sitplek.
Terugkeer vanaf Van Riebeeck-stadion: tussen 22:30 en 23:00
George:
Vertrek na Van Riebeeck-stadion: 14:00 van Hoërskool Outeniqua teen R300 retoer per sitplek.
Terugkeer vanaf Van Riebeeck-stadion: tussen 22:30 en 23:00
Hartenbos teen R100 retoer per sitplek:
Vertrek van Dolf se Stasie: 12:00; 14:00 en 16:00
Terugkeer vanaf Van Riebeeck-stadion: Vanaf 21:30 per pendeldiens
Diaz teen R100 retoer per sitplek:
Vertrek vanaf Diaz Hotel: 13:00; 15:00 en 17:00
Terugkeer vanaf Van Riebeeck-stadion: Vanaf 21:30 per pendeldiens
Heiderand teen R100 retoer per sitplek:
Vertrek vanaf Curro-skool: 13:00; 15:00 en 17:00Terugkeer vanaf Van Riebeeck-stadion: Vanaf 21:30 per pendeldiens
Sitplekke:
Feesgangers móét eie stoele bring. Daar is wel ’n paviljoen by die Van Riebeeck-stadion, maar met ’n kapasiteit van slegs 2 500 mense. Dié paviljoen het ook nié ’n vooraansig van die verhoog nié. Ongelukkig sal geen komberse as sitplek toegelaat word nie (maar dit kan geniepsig koud word).
Eet- en drinkgoed:
Geen eie eet- of drinkgoed sal toegelaat word nie.
Daar is verskeie stalletjies wat aan alle behoeftes sal voorsien. Van die kosse sluit in sosaties, boereworsrolle, lamtjops en hoenderbroodjies.
Badkamergeriewe:
Toilette - wat ook rolstoelvriendelike toilette insluit - sal op die feesterrein beskikbaar wees.
Kinders se veiligheid:
Ouers word aangespoor om Howler-bandjies vir hulle kinders te kry. Daarop kan al hulle besonderhede gestoor word. Hulle sal dit by op die feesterrein kan kry.
Kontantlose sisteem:
Feesgangers gaan veilig kan voel as hul die Afrikaans is Groot Somerfees kontantloos met Howler kan geniet. Dié kontantlose sisteem is gerieflik en só kan almal die fees geniet sonder bekommernisse oor kontant.
Armbandjies moet op aankoms by die Howler-stasies op die feesterrein aangeskaf word. Op dié bandjie word krediete (geld) gelaai en só word daar betaal vir alles wat jy deur die dag wil geniet.
Diegene wat sommer nou al hul profiele wil registreer, kan solank aig.howler.co.za besoek.
Vir meer inligting, besoek die Afrikaans is Groot-Facebookblad.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'