OUDTSHOORN NUUSFLITS - Spring Roses het die afgelope naweek hul kanse verstewig om die uitspeelrondes te haal deur Oudtshoorn met 18-8 te klop. Die rustydtelling was 13-0 in Roses se guns.
Roses het dit Saterdag egter nie maklik gehad nie. Hulle moes alles uithaal om 'n begeesterde Oudtshoorn-span te klop. Die wedstryd het by tye skitterende hardlooprugby opgedis.
Roses het eerste bloed geruik met 'n drie deur die stut, Denzil Belelie. Belelie is na 'n kraglopie met 'n paar verdedigers op sy rug in die hoekie oor na goeie spel deur Roses. Dillan van Vuuren het net voor rustyd Roses se tweede drie gaan druk.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
Spring Roses het die toeskouers met 'n paar praglopies vermaak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'