2 Fietsryers kry Protea-kleure

Louis Visser (links) en Corné Bence.

OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die eer om SA fietsry in amptelike Protea-kleure te verteenwoordig, het twee Oudtshoorn-fietsryers toegeval.
 
Jessica Gerber en Louis Visser (jr.) het Woensdagmiddag hul Protea-kleure van die bekroonde Oudtshoorn SA fietsryer, afrigter en administrateur, Corné Bence ontvang. Bence, die president van Eden-fietsry, voorsitter van Wes-Kaap-fietsry en lid van die SA fiestryvereniging het die oorhandiging namens SA fietsry gedoen.
 
"Dit is 'n baie spesiale prestasie om jou Protea-kleure te verwerf. Ek weet wat se harde werk dit gekos het om daar te kom en Jessica (Gerber) en Louis (Visser) het dit verdien. Ons as Eden-fietsry is baie trots op die twee ryers en weet daar lê nog groot dinge vir hulle fietsryloopbane voor.
 
"Ons as sportadministrateurs werk hard agter die skerms om seker te maak daar is geleenthede vir die atlete om te presteer. Dit is altyd lekker om te sien as hulle beloon word met Protea-kleure."
 
Lees meer in môre se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
 
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Oudtshoorn Courant