Spannende einde na 102 km

Fienie Barnard was derde tydens die 48km berg-fietswedren. Foto: Sharon van Straaten.

OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Fietsryklub, Eden Fietsry. Laerskool Oudtshoorn-Noord en Jakhals Events het die afgelope naweek saamgespan om te sorg vir twee dae se kompiterene fietsry.
 
Die fietsrynaweek wat deur Laerskool Oudtshoorn-Noord gereel is en aangebied is deur Jakhals Events was ook gebruik klubkampioenskappe die Oudtshoorn fietsryklub en Eden Fietsry.
 
Alhoewel ryers nie in groot getalle opgedaag het nie was die kompetisie veral in Saterdag se 102km padwedloop. opwindend en die eindeh het vir groot spanning gesorg. Toe die voorste groep die dorp binnekom met skaars 2km oor was die voorste 8 ryers steeds in 'n bondel.
 
Met die indraai in Noordstraat in met sowat 1,5km oor het die aanvalle gekom en die groep het opgebreek, Met slegs sowat 500m om te gaan het Louis Visser jnr weggebreek en die die wedren met 'n voorsprong van 9 sekondes voor Jarrod Hatting van Kaapstad weggeraap.
 
Die 80 km wedren is gemakik deur Fienie Barnard gewen wat meer as 5 minute voor die tweede ryer, Chris Nel van Knysna, klaargemaak het.
 
Fienie het ook in die algehele derde plek tydens Sondag se berfietsren geëindig.
 
Die bergfietswedren is gemaklik deur Jan-Paul Gerber gewen met Kobus Barnard in die tweede plek. Die twee was vir meer as die helfte van die wedren saam waarna Jan-Paul 'n gaping op 'n opdraande oopgemaak en dit vir die res van die wedren gehandhaaf het. Hy het 'n indrukwekkende gemiddelde spoed van 25 km/h gehandhaaf.
 
Die wedren was in die omgewing van die veld bokant die terrein van die korrektiewe dienste gehou. Die roete was uiters klipperig en volgens die ryers was dit moeilik om momentum teen die opdraandes vol te hou.
 
 
Die plekwenners van die naweek se wedrenne is soos volg:
 
Padwedren (102 km)
1. Louis Visser
2. Jarrod Hatting
3. Reynard Jacobs
 
Padwedren 80 km
1. Fienie Barnard
2. Chris Nel
3. Hano Du Plessis
 
Padwedren 50 km
1. Mike Lombard
2. Phillo Verlaat
3. Attie botha
 
Tydtoets Sondag
25 km
1. Louis Visser jnr Gem spoed 48 Km/h
2. Bradley Hufke
3. Vusie Marenene
 
18 Km
1. Errol Pretorius
2. Piere-Yves Jeanrenaud
3. Mike Lombard
Bergfietswedren
 
48 Km
1. Jan Paul gerber
2. Kobus Barnard
3. Fienie Barnard
 
24 km
1. Abrie van Tonder
2. Hennie Volschenk
3. Noco Myburgh
 
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Oudtshoorn Courant