Jongboer van die Jaar-finalis uit Oudsthoorn

Cornel Landman Foto verskaf

OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die finaliste vir die Agri Wes-Kaap Santam Landbou Jongboer van die Jaar 2017 is op Dinsdag 18 April bekend gemaak en Cornel Landman van Oudtshoorn, is een van die finaliste.
 
Die wenner van die kompetisie word op Woensdag 24 Mei aangekondig en sal in Oktober aan die Agri SA Toyota Nasionale Jongboer van die Jaar deelneem.
 
Cornel boer al vir agt jaar op die plaas Karoo Lusern in die Volmoed-omgewing buite Oudtshoorn. Hy is ‘n lusern- en graanboer en bedryf ook ‘n melkery, lusernmeelfabriek en voerkraal vir lammers.
 
Jeanne Boshoff, kommunikasiebestuurder van Agri Wes-Kaap, het in 'n verklaring gesê dit is vir Cornel belangrik om opkomende lusernboere te help omdat hierdie boere oorgenoeg kennis het.
 
Lees meer hieroor in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
 
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Oudtshoorn Courant