Toe Stephen Spielberg 'n tingerige tiener was, het 'n boelie sy visier op hom ingestel. Moeg vir die aanhoudende teistering wat hy later as 'hel op aarde' sou beskryf, het hy besluit om die boelie te vlei deur hom te vertel dat hy soos John Wayne lyk en dat die boelie dit moet oorweeg om die held in 'n fliek oor die Tweede Wêreldoorlog wat hy beplan het om te maak, te speel.
Nadat Spielberg die boelie in 'n kostuum gekry het en hom in die rol van die heroïese bendeleier aangestel het, het die boelie klei in sy hande geword. Anders as Spielberg se boelie, waardeer emosionee l gesonde mense net lof wanneer hulle dit verdien. Hulle kan ook 'n kompliment wat met bymotiewe of om te vlei gegee is, raaksien. Die paradoks is dat die meeste mense, sonder goeie rede, vir bymotiewe op die uitkyk is wanneer iemand vir hulle 'n kompliment gee.
Elihu, die patriarg en Job se vriend, het gesê, 'Ek sal niemand voortrek nie, en ek sal niemand vlei nie. As ek dit sou probeer doen, sou my Maker 'n einde aan my maak' (verse 21-22 NLV). Die Psalmdigter sê vir ons, 'Die Here sny hulle vleiende lippe af...' (Psalm 12:4 NLV). Hier is die vraag: Is vleitaal dit werd om van God se seën afgesny te word? Wanneer jy iemand vlei of ontvanklik raak vir vleitaal, is dit 'n duidelike bewys van jou gebrek aan geloof in God se vermoë om jou guns by ander mense te gee. Guns is 'n byvoordeel wanneer jy in 'n verhouding met Hom is. 'Want U seën die vromes, Here, u genade is vir hulle soos 'n skild' (Psalm 5:13 NLV).