Jy kan 'n vredevolle gemoed handhaaf waar jy ook al gaan en wat jy ook al doen. 'Hoe is dit moontlik?' vra jy. Die Bybel sê, '...Soek vrede en streef dit na.' Om 'n lewe vol vrede te geniet, moet jy eers dit wat jou vrede steel, herken.
Satan gebruik baie dieselfde taktiek op almal, maar ons het elkeen een spesifieke kwessie. Een persoon mag byvoorbeeld sukkel om twee of drie dinge op 'n slag te doen, terwyl iemand anders energiek voel deur aan verskeie projekte terselfdertyd te werk.
Ons is almal anders en ons moet onsself leer ken. Satan bestudeer jou versigtig en weet watter knoppies om te druk. 'n Bybelonderwyser skryf: 'Ek kan dinge beter hanteer wanneer ek nie moeg is nie, dus wag Satan tot ek moeg is voor hy my aanval. Ek het dit wat Satan reeds van my weet, geleer deur vrede na te streef en nou probeer ek om nie te moeg te word nie, aangesien ek dan vir hom 'n deur oopmaak. Dit sal feitlik onmoontlik wees om 'n vredevolle lewe te handhaaf wanneer jy nie jouself bestudeer nie en weet watter dinge jou vrede steel nie.
Maak 'n lysie elke keer wanneer jy ontsteld raak. Vra jouself wat die probleem veroorsaak het en skryf dit neer. Wees eerlik met jouself, anders sal jy nooit vry wees nie.' In die middel van die lewe se storms, kan jy deur God se vrede geanker word. Hy sal dit egter nie net in jou skoot laat val nie; jy moet ook jou deel doen deur dit na te streef. As jy vandag jou vrede verloor - gaan soek dit en kry dit terug.