Jesus het een van sy grootste komplimente aan 'n vrou gegee wat duur olie uit 'n albaste fles op sy kop uitgegiet het. 'Sy het haar allerbeste vir My gedoen.'
God verwag niks meer van ons nie en is waardig tot niks minder nie. Een nag in 1837, het 'n vrou genaamd Florence die stem van God gehoor wat aan haar gesê het dat sy 'n spesiale doel in die lewe het. Nege jaar later het haar missie begin vorm aanneem toe 'n vriend vir haar inligting oor 'n inrigting in Duitsland gestuur het wat diakonesse oplei om vir die siekes te sorg. In 1853 het sy die superintendent van 'n vrouehospitaal in Londen geword.
Toe die Krim-oorlog in 1853 uitbreek, het sy aangebied om na die Britse soldate om te sien, en na Konstantinopel vertrek. In Turkye was sy in beheer van 'n militêre hospitaal. Dit was 'n omgewing wat deur mans gedomineer is en die dokters was haar vyandiggesind. Die hospitaal was vieslik vuil, dus het sy haar moue opgerol en begin om na haar pasiënte om te sien, eers met die voorraad wat sy saamgebring het en toe deur 'n korrespondensie-veldtog van stapel te stuur om nog voorraad vir die hospitaal te kry.
Sy het ure elke dag in die sale deurgebring en omtrent elke soldaat, wat die hospitaal binnegekom het, aangeraak. Die vertroosting wat sy op haar nagtelike rondtes aan hulle gegee het, het aan haar die bynaam, 'die suster met die lamp' besorg. Wie was sy? Florence Nightingale. Een van haar bekendste aanhalings is, 'Ek het nooit 'n verskoning gemaak, of 'n verskoning aanvaar nie.' In plaas daarvan om op die talente en hulpbronne wat jy nie het nie te fokus, gebruik wat God jou gegee het.