Die punte wat hulle hiermee verdien het, het hulle ook 'n goeie hupstoot op die punteleer gegee, maar daar is nog heelwat interklub-kompetisies wat wag. Die kompetisie is in die Wildernis en Swartvlei areas gehou.
Die weersomstandighede vir die kompetisie was beter as die vorige kompetisie en heelwat meer vis is gevang. ‘n Totaal van 97 visse is geland met ‘n gesamentlike gewig van 553 kg. Hiervan is slegs een vis teruggehou en die res lewendig teruggesit.
Anthony Gifford, van Knysna-hengelklub, het die grootste eetbare vis, ‘n knorhaan van 3,93 kg, gevang en met die Mugg & Bean (Garden Route Mall) prys weggestap.
Brian Fuchs, van die Weermagklub op Oudtshoorn, het die grootste oneetbare vis gevang wat ‘n diamantrog van 63 kg was met Mathew Sumner, van Stilbaai-hengelklub wat 'n mooi “duckbill" van 48 kg geland het.
Uitslae:
A-liga: 1 Stilbaai 103.26; 2 Triton 86.96; 3 Outeniqua 64.65; 4 George 57.24; 5 Knysna 54.66; 6 Atlantic 42.58; 7 Mosselbaai 24.40.
B-liga: 1 Weermag 70.11; 2 Atlantic 29.96; 3 Outeniqua 27.34; 4 Knysna 4.18; 5 George 2.18; 6 Triton 1.06.
Die volgende kompetisie vind op 8 November plaas.
Jong hengelaars genooi
Suid-Kaap Kushengel is gretig om, as deel van hul ontwikkelingsprogram, jonger hengelaars na die sport te lok.
Jong hengelaars van 16 jaar en jonger word genooi om Johan Strauss (president) by 082 571 3107 of Andre Nel (sekretaris) by 082 805 2134 te skakel.
Geen ledegeld sal vir die eerste jaar van die nuwelinge gehef word nie. Ander hengelaars is ook baie welkom om die sportsoort te betree.

Anthony Gifford, van Knysna, met sy knorhaan van 3,63kg.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'