SUIDKAAP NUUS - Willie Welman het die tweede winterliga van die Eden-hengelassosiasie met 114,33 punte gewen. Stilbaai Barbarians was die hengelklub van die liga met 'n totale vangs van 124,71 kg.
Die kompetisie het van 14 tot 15 Julie tussen Witsand en Stormsrivier plaasgevind.
Tersius Baard van George-hengelklub was die top-o.2-junior hengelaar van die dag. Hy het 23,67 punte bymekaargemaak. Die topmeester was Willie Vorster (8,14 punte) van Stilbaai-hengelklub van Stilbaai. Die topdame was Marriette Westraadt (1,25 punte) van Stilbaai-hengelklub.
Luan Els van Triton-hengelklub het die grootste eetbare vis, 'n kabeljou van 3,1 kg is gevang. Die swaarste oneetbare vis was 'n sloephaai van 34,11 kg en is ingeweeg deur Welman.
'n Totale massa van 330,28 kg vis is deur die 58 hengelaars gevang. 48 oneetbare en 52 eetbare vis is gevang. Al die vis is lewendig te-ruggeplaas.
Jacques Muller van George-hengelklub met sy gespikkelde sloephaai.
Die posisies van die klubs is:
Stilbaai Barbarians: 156,01
George Wortels: 93,03
Stilbaai Stilmonsters: 68,75
Triton Woelwaters: 56,22
Triton Ninjas: 51,55
Stilbaai Silent Assasins: 48,62
Outeniqua Clutch Cables: 48,45
George Kadette: 47,98
George Ratels: 31,17
Atlantic Bluefins: 18,64
Outeniqua Spottys: 17,50
Stilbaai Span Solo: 9,44
Atlantic Fishfinders: 8,02
Mosselbaai Otters: 6,03.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'