OUDTSHOORN NUUS - Ongeveer 100 swemmers van oor die Eden-distrik het Saterdag 21 Oktober by die NA Smit-swembad op Oudtshoorn aan die eerste van twee Eden-swemgalas deelgeneem.
Raymond Pollicutte, voorsitter van die Eden-swemfederasie, moet die swemmers aan beide galas deelneem om te kwalifiseer vir die interprovinsiale gala, wat op Saterdag 11 November in Port-Elizabeth plaasvind.
Die tweede kwalifiserende gala vind hierdie Saterdag 28 Oktober plaas.
Oudtshoorn sal weer gasheer vir dié gala speel.
Op Saterdag 3 November word die Freda Barnard-gala ook by die NA Smit-swembad aangebied.
Dié gala sal vir die 36ste keer agtereenvolgend op Oudtshoorn plaasvind.
Volgens Pollicutte sal ongeveer 300 swemmers van sover as Kaapstad en Port-Elizabeth aan die gala deelneem.
Uitslae sal eers bekend wees na Saterdag 28 Oktober se gala.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'