OUDTSHOORN NUUSFLITS - AJ de Beer van Stilbaai-hengelklub was met 54,71 punte die Eden-hengel assosiasie se top hengelaar met die derde somerliga kompetisie.
Die kompetisie het Saterdag 4 November op Stilbaai plaasgevind.
Stilbaai-hengelklub het met 155,49 punte die beste gevaar.
Marius Baard (o.21), van die George-hengelklub, was die top junior hengelaar en het 20,64 punte los gehengel.
Deon Naudé van Triton hengelklub (40,68 punte) het die top meester prys verower.
Die top dame was Marizelle Esterhuizen, met 14,62 punte.
Sy was ook die top o.16-hengelaar.
Die grootste eetbare vis, 'n 6,15 kg baardman, is deur Attie Barnardo van Outeniqau-hengelklub gevang.
Die swaarste oneetbare vis, 'n bulrog pylstert van 43,90 kg, is deur Paul Kruger van Triton-hengelklub ingeweeg.
Marizelle Esterhuizen met 'n kabeljou wat op 3,57 kg ingeweeg is. Foto's verskaf
In totaal is 596,58 kg vis deur 143 hengelaars gevang.
Dit sluit in 68 oneetbare vis en 40 eetbare vis.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'