SUID-KAAP NUUS - Die Suid-Kaapse hengelaars, verbonde aan die Eden-hengelvereniging het in die Stilbaai-omgewing meegeding in die derde somerliga van dié vereniging.
Die liga-kompetisie het op Saterdag 3 November plaasgevind. Stilbaai-hengelklub het aan hul eie kusslyn die dag se kompetisie met 127.60 punte gewen en ook die tophengelaar, Henry Terblanche opgelewer. Terblanche het 126.79 van sy span se punte bygedra.
Johan van Rensburg (o.16) van Mosselbaai-hengelklub was met 13.88 punte die topjunior.
Ander kategoriewenners is:
- Top o.21: Luan Els van Triton-hengelklub (Mosselbaai) - 30.74 punte.
- Topmeester: Deon Naude van Triton-hengelklub - 19.48 punte.
- Topgrootmeester: Peet May van Mosselbaai-hengelklub - 9.32 punte.
Grootste eetbare vis, 'n kabeljou van 22,02 kg is deur Matthew Sumner van Stilbaai-hengelklub gevang, terwyl die swaarste oneetbare vis, 'n swart pylstert van 111,88 kg deur Henry Terblanche van Stilbaai-hengelklub ingeweeg is.
Die totale massa van 860,61 kg vis is deur die 158 hengelaars geland. Dit sluit in 108 oneetbare- en 37 eetbare vis. Al die vis is lewendig teruggeplaas om bewaring te bevorder.
Danie Lodewyk (jr) met 'n belman van 1,01 kg.
Die klubposisies na afloop van die kompetisie is:
A-liga (klub, punte)
- Stilbaai: 376.39
- Atlantic: 322.11
- George: 314.98
- Triton: 277.93
- Outeniqua: 259.65
- Knysna: 255.04
- Mosselbaai: 143.36
B-liga (klub, punte)
- Stilbaai: 299.92
- Triton: 230.27
- George: 187.84
- Outeniqua: 156.55
- Atlantic: 140.06
- Knysna: 109.47
- Mosselbaai: 93.00
C-liga (klub, punte)
- George: 89.08
- Outeniqua: 48.79
- Atlantic: 34.74
- Stilbaai: 26.37
- Knysna: 22.37
- Triton: 7.65
Die top-3-hengelaars na die derde kompetisie is Henry Terblanche (146.99), Renier van Rooyen (123.54) en Renier Nortjé (103.83).
Luan Els met 'n bulrog-pylstert van 30,74 kg.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'