OUDTSHOORN NUUS - Die nuutgestigte nie-winsgewende sportorganisasie, Sport Buddy, hou op 23 November 'n gholfdag by die Oudtshoorn-gholfdag ten bate van Anike Thom (model van Laerskool Wesbank wat New York toe gaan) en Kamva Qusheka (krieketspeler van Langenhoven Gimnasium wat Sri Lanka toe gaan).
Voornememde spelers kan vanaf 08:00 by die gholfbaan inskryf.
Inskrywingsfooie beloop R200 per persoon en die formaat sal die Individuele Stableford wees. Groot vleispryse en geskenkbewyse is op die spel.
Elke speler sal ook 'n gebraaide boereworsrol plus alkoholiese en nie-alkoholiese drankies op die 12de putjie geniet.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'