Dit was 'n ideale winteroggend en die weer het mooi saamgespeel. Die stokke was teen 08:00 in die water.
Die hengelaars het altesaam 24 visse gevang met 'n totale gewig van 48,58 kg.
Francois Rautenbach het die louere gevat met 'n totaal van agt vis van 14,78 kg. Emile Calitz het die grootste karp vir die dag (3,045 kg) geland. Marlande Nel het die vroue-afdeling gewen met 'n karp van 2,235 kg en Andre Otto het die junior-afdeling gebuit met 'n karp van 2,205 kg.
Uitslae:
- Mans: 1 Francois Rautenbach - 8 vis – 14,780 kg; 2 Marius Nel - 5 vis – 7,580 kg; 3 Hein Binedell - 4 vis – 7,440 kg; 4 Emile Calitz - 3 vis – 4,630kg; 5 Tony Jardine - 3 vis – 4,530 kg; 6 Koos Groenewald - 1 vis – 2,740 kg; 7 Koos Nel - 1 vis – 2,45 kg.
- Vroue: 1 Marlande Nel - 1 vis 2,235 kg.
- Juniors: 1 Andre Otto -1vis- 2,205 kg.