OUDTSHOORN NUUSFLITS - Marina Fuchs van Oudtshoorn was die top dameshengelaar met die Eden-hengelassosiasie se sewende somerliga-kompetisie.
Fuchs hengel vir Triton-hengelklub.
Sy het Saterdag 10 maart 15,57 punte verwerf toe die assosiasie by Boggomsbaai lyne natgemaak het.
Banie Vermeulen, die hengelassosiasie se skakelbeampte, het gesê die 144 hengelaars het om 09:00 die oggend by Stoepsit, Boggomsbaai, bymekaargekom en om 10:00 begin hengel.
Om 18:00 moes hulle die lyne intrek, met 1809,19 kg se vis, 520 oneetbare- en 74 eetbare vis, geland.
"Al die vis is lewendig teruggeplaas om bewaring te bevorder," het Vermeulen gesê.
Die grootste eetbare vis, 'n kabeljou van 6,67 kg, is deur Ruan Westraadt (Stilbaai-hengelklub) gevang.
Die swaarste oneetbare vis, 'n bullrog pylstert van 47.66 kg, is deur John May (Stilbaai0hengelklub) ingeweeg.Die posisies van die klubs na afloop van die 7de kompitisie was as volg:
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'